
=====================================================================
Die smeerstorie (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die smeerstorie

OOM WILLIE het al 'n paar jaar las gehad van skurwe lippe wat hy toegeskryf het aan die dro Karoo-klimaat. "Lipice" is deur Piet Pille, 
die behulpsame en gemoedelike apteker, aanbeveel en daarmee was oom Willie se probleem opgelos.

Gesteld daarop dat die skurfte nie moet hervat nie, het oom Willie geleidelik in die gewoonte gekom om hoeveel maal op 'n dag sy stiffie 
uit te haal, die bolip effe op te krul, dit 'n paar lekker hale te gee en af te rond met 'n vaardige halfsirkel op die onderlip. Die 
ritueel het later half 'n tweede natuur geword, kompleet soos 'n pyproker met sy pyp en tabaksak sou omgaan. Deernisvol en vaardig.

Mettertyd vind oom Willie toe uit dat die lipsalfie ook wondere verrig om die klein letseltjies en los skubbetjies op die bokant van sy 
hand sag te maak sodat hulle later maklik afgekrap kan word. 'n Vinnige behandeling van die hande raak toe ook deel van die smeer-ritueel.

As afgetrede boer was oom Willie 'n staatmaker in die gemeenskap. Sy wysheid en ervaring het vir hom nie net 'n plek in die bestuur van die 
belastingbetalersvereniging besorg nie, maar hy was ook 'n gewaardeerde lid van die kerkraad. Hy het ook nie omgegee om langer termyne as 
die gewone te dien nie. Sy waardigheid het hom 'n onmisbare man in die ouderlingsbanke gemaak. Bowendien was daar 'n besondere band tussen 
oom Willie en Dominee.

Dat die twee baie geheg aan mekaar was, was geen geheim nie. Vir mekaar het hulle groot, wedersydse respek gehad, enersyds vanwe die amp 
en andersyds oor die waardigheid wat met die jare gekom het. Dominee, wat 'n platjie was, het egter nie nagelaat om fyn met oom Willie die 
draak te steek as die geleentheid hom voorgedoen het nie. Die ander broers het dit saam met hulle geniet.

Op die betrokke Sondag het oom Willie weer in die voorste ouderlingsbank sy plek ingeneem, reg teen die paadjie, waar hy graag probeer sit 
het. Op daardie plek kon die meeste gemeentelede hom duidelik sien en kon hy 'n onbelemmerde uitsig op die kansel en die dominee geniet.

Terwyl die voorsang aan die gang is, dwaal oom Willie se hand oudergewoonte oor sy lippe, wange en voorkop en daarmee identifiseer hy dan 
ook die velplekkies wat by 'n vegie lipsalf kan baat vind. Met die vaardigheid van 'n geoefende hand word die stiffie solank binne-in sy 
baadjiesak tot in die handpalm gegly, gereed vir 'n vinnige smeer. Maar vanmre gee Dominee se kanselprosedures oom Willie nie kans vir sy 
stiffie nie. Tydens die sengroet probeer hy, maar dis te gou verby en die gemeente se o is al weer oop. Dan maar wag vir 'n geskikter 
oomblik. Dominee gee sy teksverwysing, kompleet met bladsynommer "ter wille van die ou kleintjies", wag dat almal die leesplek gekry het en 
s dan dat hy graag die sen wil vra op dit wat gelees gaan word. Met die eerbied wat die oomblik vra, doen oom Willie opreg mee, maar 
besluit tog dis die kans vir oppoets. Met vinnige hale smeer hy sy lippe en die paar plekkies aan sy voorkop en op sy wange. Doppie op, 
stiffie veilig in die sak toe die gemeente weer kan kyk.

Dominee kyk een keer op, sy o verstar, en die volgende oomblik buk hy weg agter die beskutting van die preekstoel. Verslaentheid en 
stilte. Wat het nou gebeur? Waar is Dominee?

Die koster herstel eerste en gedagtig daaraan dat Dominee nie meer 'n jong man is nie en dat daar hartmoeilikheid in sy familie was, storm 
hy teen die trappies uit preekstoel toe. En daar sit Dominee op sy hurke in 'n bondeltjie op die grond en sy o swem soos hy saggies 
probeer lag.

"Watsit nou, Dominee?" stotter die koster saggies.

"Oom Willie, oom Willie. Kyk net. Jy het nog nooit so iets gesien nie!"

Sonder om te dink wat hy doen, loer die koster oor die kant van die preekstoel na die ouderlingsbanke se kant toe, al met die ry af tot sy 
o op oom Willie verstar. Vinnig ruk hy weer terug en agter die beskutting van die preekstoel in.

Met di dat die koster so stip en ernstig in sy rigting kyk, meen oom Willie daar's iewers fout in die skip van die kerk agter hom. Waardig 
en belangstellend draai hy sy hele bolyf om en kyk die gemeente vol in die gesig. Dis toe dat die broers en susters in 'n ligte beroering 
kom. Oom Willie se lippe is bloedrooi, op elke wangbeen is 'n rooi merk en voor sy kop 'n rooi streep.

Die gevroetel, die gedempte geproes en heelwat sakdoeke wat skielik uit die sakke kom, wys dat die mense die oomblik en die plek steeds 
waardig ag, maar nie maklik hul sin vir die komiese verloor nie.

Die volgende oomblik verskyn Dominee weer in sy volle gestalte agter die kateder. Sy mondhoeke verraai niks, maar daar is duiweltjies in sy 
o.

"Broers en susters, u sal begrip daarvoor h dat ons nou geleentheid gee dat die liefdegawes eers opgeneem word."

Toe die diakens die borde neem en in die paadjies afstap, het sy bankmaat oom Willie reeds 'n woord in die oor gefluister. Hy reageer deur 
sy rug so dwars moontlik in die rigting van die gemeente te draai, vorentoe af te buk en ywerig die rooisel met 'n sakdoek van sy betakelde 
gesig te vryf.

Tydens die orige deel van die diens het Dominee ongeveer negentig grade na links gepreek. In die rigting van die ouderlingsbanke het hy nie 
weer gekyk nie.

Oom Willie was agterna baie seker dat sy lipsalfie en die tannie se lipstiffie per abuis in die haas voor kerk omgeruil geraak het. Maar 
tot vandag meen van die broers 'n poets kan nie heeltemal uitgesluit word nie.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5223.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

